LPGas (Vloeibare Petroleum Gas)

Ons is geregistreerd en bevoeg om wettige LPGas installasies op huishoudelike vlak te doen. As sulks kan ons daardie 'tydelike' (ook bekend as onwettige), of foutiewe installasies herstel, en om dit op standaard te bring om aan heersende standaarde en wetgewing te voldoen. Onthou gerus dat, volgens wet, slegs geregistreerde persone aan LPGas toerusting mag werk, of installasies mag doen. Besoek gerus http://www.saqccgas.co.za om die lisensie status van jou installeerder na te gaan.

Sou jy dus jou huis, plaas, ens verkoop, sal jy 'n vars sertifikaat van voldoening (certificate of conformity) benodig om aan die nuwe eienaar te voorsien, net soos die geval is met jou elektriese installasie. Op hierdie stadium sal jou installasie moet voldoen aan die mees onlangse standaarde, soos van toepassing.

Onthou dat jou versekerings maatskappy nie slegs belangstel in die feit dat jou installasie veilig is, en wel aan standaarde voldoen nie, maar dat hulle in die geval van 'n insident 'n ondersoek sal loods alvorense uitbetalings gemaak sal word. Bo-en-behalwe moontlike skade aan jou eiendom en besittings, neem ook in ag dat onwettige en foutiewe installasies lewensgevaarlik vir jou, jou geliefdes, asook andere mag wees.

Dus, oorweeg versigtig die moontlike gevolge van regsaanspreeklikheid in hierdie verband.