Dienste

LPGas

Ons doen gesertifiseerde en wettige LPGas installasies, insluitende die herstel en korreksie aan onwettige installasies, gevolg deur 'n geldige Sertifikaat van Voldoening ("Certificate of Conformity", "COC"). Ons is geregistreerd vir huishoudelike installasies.

IT Ondersteuning en konsultasie

IT (rekenaar) ondersteuning is beskikbaar vir individue asook groter installasies, en is gebaseer op Abrie se baie jare ondervinding in grootskaalse rekenaar ontplooiings.

Verkoeling

Ons doen kwaliteit herstel aan verkoelingstoerusting soos yskaste en vrieskaste, sowel as die installasie, diens en herstel van lugversorgers in die tuis en klein sake-onderneming opset.


Areas van diens

Ons dienste is beperk tot die Hessqua munisipaliteit in die Suid-Kaap, Suid Afrika, naamlik Stilbaai, Riversdal, Albertinia, Heidelberg en Witsand. Ons is gebaseer in Stilbaai.